Loriska het aan die Universiteit van Pretoria haar BA Drama graad voltooi. Van daar is sy geteken vir Mwah waar hulle album "Waarvoor Wag Jy" genomineer is vir beste album en beste groep by die Ghoemas. Sy is bekend vir haar rol as "Kristin" in die populere SABC2 sepie 7de Laan asook "Dixie" in die Kyknet reeks Sterlopers. Loriska was een van die top 5 finaliste in die realiteitsprogram "She's the One" en het 'n verskyning gemaak in advertensies vir Iphone 5, African Bank en Mariot Financial Services.
Fun facts
Familie
Oudste van 2
Geboortedorp
Brakpan
Skool
Matriek geslaag met 7 onderskeidings
Instrumente
Klavier, so bietjie Dromme
Ander
Sy het van kleins af opleiding in klassieke musiek ontvang
Gunsteling
Kos
Pizza en Pasta
Kleur
Groen
Troeteldier
Honde
Rugbyspan
WP/Stormers
Plek in SA
Kaap
Fliek
Facing The Giants , Gladiator
Stokperdjies
Enigiets in die natuur … gee vir my ‘n paar draf tekkies en lekker musiek en my hart is gelukkig.