Franzel het in 2010 haar loopbaan as solo kunstenaar begin nadat sy haar sertifikaat gekry het in "Conference , Exhibition and Event Management" by Damelin . Haar album "Taal van liefde" was genomineer vir 'n GHOEMA en sy het tydens die Vrystaat Musiek Toekennings weggestap met Beste Afrikaanse Kunstenaar asook Liedjie van die jaar.
Sy het haarself begin bestuur en so ook ander kunstenaars begin bemark en haar eie besigheid (Agter Die Mic) begin. Sy doen ook feeste se programme en was al produksiebestuurder by verskeie produksies.
Franzel het haar solo-loopbaan gelos in 2014 om aan te sluit by MWAH.
Sy is ook agent en bestuurder by MUSESTAR Management.