Loriska het aan die Universiteit van Pretoria haar BA Drama graad voltooi. Van daar is sy geteken vir Mwah waar hulle album "Waarvoor Wag Jy"...
Die Ghoema-genomineerde meisiespopgroep, MWAH, het beslis geen bekendstelling in musiekkringe nodig nie. Verskeie radiotoekennings, optredes by van die grootste musiekfeeste in die land en meer as 800 000 trefslae op YouTube vir die musiekvideo van hulle grootste treffer, Sandra Prinsloo, het van hierdie groep (wat bestaan uit Loriska Bubb en Franzel de Wet) kunstenaars gemaak om mee rekening te hou. Nuwe Begin, hulle splinternuwe aanlynalbum, is beskikbaar en beloof om luisteraars se harte weer opnuut te verower.